Beste Philip,

Ons is 'n Suid-Afrikaanse gesin wat in Marokko woonagtig is. 

Eerstens wil ons ons medelye en innige simpatie betuig aan julle almal met hierdie tragiese afsterwe van Elmer.  Dit is 'n groot slag en alles het so onverwags gebeur.  Aanvaar dus hiermee ons innige meegevoel met julle as gesin.

Alhoewel ons nie vir Elmer geken het nie, het ons steeds 'n baie aangename gesprek met hom gehad aan die einde van Stage 3, net nadat hulle van Nador naby Errachidia (Tilsinnt) geeindig het.  Ek het ook enkele fotos geneem.  Hy was baie opgewonde oor sy prestasie en het dadelik sy VSA mederyer geluk gewens met sy mooi prestasie.

Die volgende oggend het ons hom ook afgesien by die wegspringpunt by Rissani, begin van Stage 4.

Ek is jammer dat ons nou eers kontak maak, maar, ons het sopas julle webadres aanlyn in die Beeld gelees.

Ek heg hierby die fotos aan.  Hoop dit is aangename herinneringe vir julle.

Laastens wil ek vir julle as gesin baie sterkte toewens in hierdie tyd van rou.  Mag ons Hemelse Vader deur die krag van die Heilige Gees, persoonlik by julle elkeen wees.  Mag Hy julle vertroos en vir julle Sy rus en vrede gee, daardie vrede wat ons verstand te bowe gaan.

Philippians 4:7 And God's peace, which is far beyond human understanding, will keep your hearts and minds safe in union with Christ Jesus.

Mag die Skrif uit Romeine 8:28 vir jul ook versterk:

Romans 8:28 We know that in all things God works for good with those who love him, those whom he has called according to his purpose.

 

Baie seen vir julle.

 

Schalk en Anne-Marie Bornman